Ons kerk se visie word as volg verwoord:
Om soekende mense te begelei tot lewensvervulling in Christus.
Ons wil mense begelei daartoe om in ’n verhouding met God deur te leef. Maar ’n geloofsverhouding met God is nie ons einddoel as gelowiges nie...dis maar net die begin. Ons glo dit is die begin van ’n eindelose proses van groei as gelowiges, waar ons al meer verander word om aan die beeld van Christus gelyk te word (2 Kor 3:16).
Ons glo dat ’n mens groei wanneer jy oop is daarvoor om te luister, te lees, vrae te vra, jou eie voorveronderstellings en paradigmas gereeld te ondersoek, bereid is om ou waarhede op ’n nuwe manier te ontdek, ens. Ons probeer toenemend geleenthede skep waardeur ons ander wil bemagtig en inspireer tot groei.
In die kieslys links is preke, artikels en ander geleenthede tot groei.
'n Gesprek oor ouer-tiener
verhoudings: Die
uitdagings & vreugdes Die storm en drang van
die tienerjare kan dikwels die atmosfeer by die huis en ook verhoudings
ontstuimig laat. Te dikwels bevind ouers (en tieners!) hulleself
vasgevang in 'n onsekere konflik waarvan die redes en oplossings
onduidelik blyk. Hoe nou gemaak? Vir elke huis en ouer-tiener-vehouding
is die pad uniek. Maar as dinge tussen jou en jou kind moeilik raak en
dit julle begin wegdruk van mekaar af, is daar belangrike aspekte wat
navorsing uitwys wat (indien aangespreek) die stormsee weer kan stil en
die warmte van die son in jou huis laat gedy. Die 4-uurlange kursus
gaan oor hierdie belangrike aspekte wat moet deel vorm van die gesprek
tussen jou en jou adolessente kind. Die kursus word aangebied deur Dr
Deon Bruwer, ervare kliniese pastorale terapeut; en Hugo Theron,
kliniese sielkundige wat spesialiseer op die gebied van kinder- en
adolessente sielkunde. Datum en tyd: 2
Augustus 2008 @ 8:30-13:00 Kontak: Ellen du Preez
–