
Stellenbosch Gemeente het in 1999 tot stand gekom toe dr Theo Geyser,
op daardie stadium van Randburg Gemeente, na die Stellenbosch
AGS-gemeente beroep is. Die kerk was geleë op die
hoek van Andringa- en Crozierstraat.
Hierdie gemeente was sukkelend en het ’n bywoningstal van 39
gehad. Die gemeente het ’n nuwe visie ontwikkel en
’n strategiese proses begin waardeur ’n nuwe
benadering tot bediening gevolg is. In hierdie tyd het die
gemeente begin groei en het ons drie keer na groter fasiliteite getrek
om die groei in bywoningsgetalle te kon akkommodeer. Nadat
Stellenbosch Gemeente ’n lening aan Paul Roos Gimnasium
gemaak het om te help om hul nuwe saal te voltooi, word ons eredienste
sedert Oktober 2001 in hierdie saal
gehou. Die bywoning het intussen tot 2000
mense per Sondag gegroei.
Stellenbosch Gemeente volg dieselfde benadering as sy sustergemeente
Mosaiëk in Johannesburg wat in sewe jaar tot
’n lidmaattal van 4 500 gegroei het.
|
|