spacer.png, 0 kB
spacer.png, 0 kB
Tuis arrow Bedieninge
Bedieninge

Ons kerk se missie word as volg verwoord:
Om Hom te ken en Hom saam bekend te maak.

Ons glo dat ons God ken en leer ken deur in ’n verhouding met Hom te leef. Maar ’n verhouding met God sal ons onwillekeurig lei tot verhoudings met mekaar en ’n verhouding met die wêreld (ook die skepping). Die verskillende bedieninge in ons gemeente fokus op hierdie drie verhoudings.

Sommige bedieninge se doel is om medewerkers te leer van God en te anker in hul verhouding met Hom.  Ander fokus op verhoudings met mekaar deur geleenthede te skep vir community en versorging.  Ons het ook bedieninge wat medewerkers bemagtig om verhoudings te bou met mense buite hul gemaksones en God se liefde te leef na die wêreld.  Ander bedieninge is gefokus op dienslewering sodat ons weeklikse dienste kan gebeur.  In hierdie en al die ander bedieninge word lidmate bemagtig om aan die hand van hul gawes te bedien, en is dit vir ons belangrik dat die bediening in spanne gedoen word.

Op die kieslys links word die verskillende bedieninge, sommige met onderafdelings, uiteen gesit.



PDF Print E-pos
Gepubliseer deur Charl Folscher   
spacer.png, 0 kB
spacer.png, 0 kB
spacer.png, 0 kB
spacer.png, 0 kB