spacer.png, 0 kB
spacer.png, 0 kB
Tuis
Kersfees 2008...as al die geskenke klaar oop is
Gepubliseer deur MC Engelbrecht   
Image
28 Desember 2008
Prediker: MC Engelbrecht
Teks: Lukas 2:1-20

....as alle geheime en verassings op 'n einde is....

Markus 1:1
”Die evangelie va Jesus Christus, die Seun van God, begin so: In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe....”

....keer ons terug na die normale....

Markus 8:22-26
”Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “ Sien jy al iets?” Hy het sy oë geknip en gesê:  “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.” Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oop gemaak en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien. Jesus het hom huis toe gestuur en gesê:”Moenie by die dorp aangaan nie.”

Lees meer...
Kersfees 2008...Bethlehem
Gepubliseer deur André Serfontein   
Image
25 Desember 2008
Prediker: André Serfontein
Teks: Lukas 2:1-20

1 In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2 Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië.  3 Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe.  4 Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het.  5 Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word.  6 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. 7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. 8 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. 9 Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. 10 Toe sê die engel vir hulle: "Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. 11 Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê."
 
13 Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: 14 "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!" 15 Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: "Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het."  16 Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê. 17 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. 18 Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. 19 Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink. 20 Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.
 
Nuusbrief Desember 2008
Gepubliseer deur Philip du Plessis   

Dankie vir 2008!
Die kerk in ʼn tyd van onsekerheid. Henry Ford het gesê dat die kerk sonder twyfel ’n teken van God is. Sy motivering hiervoor was eenvoudig: geen besigheid wat so sleg bestuur word sou vandag nog funksioneer nie! Hierdie week het iemand vir Theo gevra waar Stellenbosch Gemeente die geld kry om haar rekeninge te betaal. Groot was die man se verbasing toe hy hoor dat die geld deur gemeentelede gegee word. Hy was nog meer verbaas om te hoor dat mense hierdie geld vrywillig skenk.

Dit is hierdie gesindheid wat Theo steeds laat glo in die kerk: “Hierdie vrygewigheid is een van die dinge wat my laat glo in die kerk. Selfs al maak ons baie keer foute glo God op een of ander manier onwrikbaar in Sy kerk, en hou Hy dit in stand.”

Lees meer...
Kersfees 2008...Maria
Gepubliseer deur Theo Geyser   
Image
14 Desember 2008
Prediker: Theo Geyser
Teks: Luk 1:46; Mat 18:5

Protestante praat nie regtig oor Maria nie, sy is te Katoliek. Ons voel ongemaklik omdat sy so onwerklik voorkom. Apaties, baie ouer as 14 jaar, 'n ligkrans, is tipies die dinge wat Maria, Maria maak. Ons wil eerder reaktief aan Maria dink as ons na die storie luister. Tog is Maria die moeder van Jesus, en net dit is opsigself  belangrik. Sy leer ons dat God na gewone moeders en mense toe kom. Maria leer ons dat God ons verras. Dit is die belofte van Kersfees.
Lees meer...
Kersfees 2008...Herders
Gepubliseer deur André Serfontein   
Image
7 Desember 2008
Prediker: André Serfontein
Teks: Lukas 2:6-20

’n GPS is ’n toestel wat jou help om jou rigting te vind op soek na ’n spesifieke bestemming.  Dit saan vir Global Positioning System.  Dit blyk of God se GPS foutief is, want die engele wat die boodskap van Jesus se geboorte bring, beland in ’n oop veld tussen herders.  Herders was in daardie tyd (sekerlik vandag nog) in die samelewing se oë net nie goed genoeg vir ’n ontmoeting met Jesus nie.
Lees meer...
1ste Jaarskamp 2009
Gepubliseer deur MC Engelbrecht   

spacer.png, 0 kB
spacer.png, 0 kB
spacer.png, 0 kB
spacer.png, 0 kB