|
Gepubliseer deur MC Engelbrecht
|
28 Desember 2008
Prediker: MC
Engelbrecht
Teks: Lukas
2:1-20
....as alle geheime en verassings op 'n einde is....
Markus 1:1
”Die evangelie va Jesus Christus, die Seun van God, begin so:
In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe....”
....keer ons terug na die normale....
Markus 8:22-26
”Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n
blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. Hy het die
blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp gelei. Toe het Hy op
sy oë gespoeg sy hande daarop gesit en vir hom gevra:
“ Sien jy al iets?” Hy het sy oë geknip en
gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek
sien hulle loop.” Daarna het Jesus weer sy hande op sy
oë gesit. Die man het sy oë oop gemaak en hulle was
reg. Hy het alles duidelik gesien. Jesus het hom huis toe gestuur en
gesê:”Moenie by die dorp aangaan nie.”
|
|
Lees meer...
|
|
|
Gepubliseer deur André Serfontein
|
25 Desember 2008
Prediker: André
Serfontein
Teks: Lukas
2:1-20
1 In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n
volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2 Hierdie eerste
volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die
provinsie Sirië. 3 Almal het gegaan om hulle te laat
inskryf, elkeen na sy eie stad toe. 4 Ook Josef het gegaan.
Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na
Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid
behoort het. 5 Maria, sy verloofde, wat swanger was, het
saamgegaan om ingeskryf te word. 6 Terwyl hulle daar was, het
die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. 7 Sy het haar
Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke
toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen
plek in die herberg was nie. 8 Daar was skaapwagters in daardie
omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag
gehou het. 9 Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die
heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot
geskrik. 10 Toe sê die engel vir hulle: "Moenie bang wees
nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap
wat vir die hele volk bestem is. 11 Vandag is daar vir julle in die
stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12 En dit is
vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai
is en in 'n krip lê."
13 Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel
wat God prys en sê: 14 "Eer aan God in die hoogste hemel, en
vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!" 15 Nadat die
engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die
skaapwagters vir mekaar: "Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien
wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het."
16 Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die
Kindjie wat in die krip lê. 17 Toe hulle Hom sien, het hulle
vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. 18 Almal
wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle
vertel het. 19 Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens
weer by haarself daaroor nagedink. 20 Die skaapwagters het toe
teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en
gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.
|
|
|
Gepubliseer deur Philip du Plessis
|
|
Dankie
vir 2008!
Die kerk in ʼn tyd van onsekerheid. Henry Ford het gesê dat
die kerk sonder
twyfel ’n teken van God is. Sy motivering hiervoor was
eenvoudig: geen
besigheid wat so sleg bestuur word sou vandag nog funksioneer nie!
Hierdie week
het iemand vir Theo gevra waar Stellenbosch Gemeente die geld
kry om haar
rekeninge te betaal. Groot was die man se verbasing toe hy
hoor dat die
geld deur gemeentelede gegee word. Hy was nog meer verbaas om te hoor
dat mense
hierdie geld vrywillig skenk.
Dit is hierdie gesindheid wat Theo steeds laat glo in die kerk:
“Hierdie
vrygewigheid is een van die dinge wat my laat glo in die kerk. Selfs al
maak
ons baie keer foute glo God op een of ander manier onwrikbaar in Sy
kerk, en
hou Hy dit in stand.” |
|
Lees meer...
|
|
|
Gepubliseer deur Theo Geyser
|
14 Desember 2008
Prediker: Theo
Geyser
Teks: Luk 1:46;
Mat 18:5
Protestante praat nie regtig oor Maria nie, sy is te Katoliek. Ons voel
ongemaklik omdat sy so onwerklik voorkom. Apaties, baie ouer as 14
jaar, 'n ligkrans, is tipies die dinge wat Maria, Maria maak. Ons wil
eerder reaktief aan Maria dink as ons na die storie luister. Tog is
Maria die moeder van Jesus, en net dit is opsigself
belangrik. Sy leer ons dat God na gewone moeders en mense toe kom.
Maria leer ons dat God ons verras. Dit is die belofte van Kersfees. |
|
Lees meer...
|
|
|
Gepubliseer deur André Serfontein
|
7 Desember 2008
Prediker: André
Serfontein
Teks: Lukas 2:6-20
’n GPS is ’n toestel wat jou help om jou rigting te
vind op soek na ’n spesifieke bestemming. Dit saan
vir Global Positioning System. Dit blyk of God se GPS foutief
is, want die engele wat die boodskap van Jesus se geboorte bring,
beland in ’n oop veld tussen herders. Herders was
in daardie tyd (sekerlik vandag nog) in die samelewing se oë
net nie goed genoeg vir ’n ontmoeting met Jesus nie. |
|
Lees meer...
|
|
|
Gepubliseer deur MC Engelbrecht
|

|
|
|