Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 04/12/2016

Scroll to top

Top

Aan die Gemeente: ‘n Dankie uit Mosambiek

Aan die Gemeente: ‘n Dankie uit Mosambiek

Beste vriende

Telkemale wanneer ek so ‘n brief moet skryf, kan ek nie anders as om aan Paulus te dink toe hy aan geliefde gemeentes geskryf het nie. Ek sit immers nie in die tronk nie – daar is dus baie rede tot groot blydskap. Sy dankbaarheid teenoor vriende in die Here verstaan ek heeltemal. Wanneer jyself baie min het om te gee, is die liefde van ‘n Gemeente groter as jou kosbaarste besitting.

Gun my asseblief die geleentheid om die hele Gemeente van harte te bedank vir julle ongelooflike gasvryheid, oop deure en vriendskap. Ons afgelope besoek aan julle het ons harte met soveel vreugde vervul dat dit werklik moeilik is om die regte woorde te vind om julle te bedank. Die jare se verhouding het my en Alta op vlakke geseën wat ongekend is. Maar groter as dit is die vriendskap, omgee en hart en wyse waarop jul ons intrek as deel van die familie. Dit het ons weer eens hierdie jaar diep geraak.

Jul harte, om ten spyte van moeilike en uitdagende ekonomiese tye, steeds betrokke te wees – siel, gees en liggaam by ons is nie ‘n algemene verskynsel nie en word des te meer waardeer. Jul hart vir God se Missio Dei is tasbaar. Dankie vir julle kansel en die vertroue in my om my net toe te laat om God se stories met jul elkeen te kon deel. Mag ons julle nooit in die verleentheid stel nie en dankie dat ons as ambassadeurs van jul ook hier in die bos mag optree.

Dankie ook aan die leierskap van die Gemeente vir jul vertroue! Die afgelope tydjie by julle het ons verfris gelaat. Dankie nogmaals daarvoor.

Kruiwaens vol groete!

Christus bo alles

Francois Rauch
Jul bosvriend
Mosambiek

Jy kan Francios & Alta se journey op Facebook en Twitter @Francois007 volg, lees ook weeklikse nuus op die LoveMoz blog. As jy vir Francois of Alta direk wil kontak stuur gerus ‘n e-pos.

Foto geneem deur Arnu du Toit